Die Heelal Op My Tong | General & Literary Fiction | General & Literary Fiction | Classics & Short Stories | General Fiction | Books | Makro Online Site
text.skipToContenttext.skipToNavigation
Login or Register
Get the tailored Makro experience. Login for faster checkout, online order tracking and more.
Die Heelal Op My Tong Product ID : 9781485904106
of
×
Die Heelal Op My Tong

R 23200

UCount rewards  2320
Available online only
In stock
2 - 5 working days

Online Exclusive

This product is exclusive to online shopping and may only be purchased and returned online as it is not stocked in-store.

3RD PARTY ITEM

This is supplied by BalaKuduPtyLtd and may result in additional delivery fees.

Elkeen het 'n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal. Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op 'n krans? Sy wonder waar kom die rondomskrik van haar lyf vandaan terwyl sy en haar sus in die vretende hitte van die Richtersveld 'n kluis in 'n winkeltrollie sleep. Willemien is vasbeslote om dit oor 'n afgrond te boender. Voor hul eindbestemming het die langpad se strepe Willemien soos 'n ritssluiter oopgetrek. Dit smaak haar daar is 'n heelal op haar tong. Vir eens moes sy haar sprokieskarakter opgee om haar ware self te wees en te wys. Sy het dekades laas haar lyf bewoon. Haar suster moes hoor van die verlede. Van hul aardige ouers wat banger was vir oorgewig as 'n grondeis. 'n Ma wat paniekaanvalle oor suiwel en selluliet gekry het en 'n pa wat geen imperfeksie by sy vrou of dogters geduld het nie. Kilogram vir kilogram wou Willemien bieg en haarself dun praat. Die tong het immers mag oor lewe en dood. Die is ook die storie van Pa. Hulle pa. 'n Lagslimme Afrikaanse Al Capone, wie se innoverende sakeondernemings hom soms gedwing het om sy kantoor van agter tralies te bedryf. In Palm Springs dra Pa se lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle die dollarboer en sy trigger-happy brigade dophou. Van Kaapstad na San Francisco en 'n dwelmdieet in Sri Lanka - met ontvoerings, partytjies, 'n seksles in Hongkong se hawe en 'n onvermydelike ontmoeting met 'n onbekende man - tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos 'n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons soekende, spirituele wesens maak.

Features
Model
9781485904106
Product/Packaging Information
Product Weight
0.5 kg
Product Dimensions
234mm(L) x 153mm(W) x 15mm(H)
Shipping Weight
0.5 kg
Shipping Dimensions
234mm(L) x 153mm(W) x 15mm(H)