Die Slaghuis | General & Literary Fiction | General & Literary Fiction | Classics & Short Stories | General Fiction | Books | Makro Online Site
text.skipToContenttext.skipToNavigation
Login or Register
Get the tailored Makro experience. Login for faster checkout, online order tracking and more.
Die Slaghuis Product ID : 9781485310655

R 20000

UCount rewards  2000
Available online only
In stock
5 - 7 working days

Online Exclusive

This product is exclusive to online shopping and may only be purchased online as it is not stocked in-store.

3RD PARTY ITEM

This is supplied by BalaKuduPtyLtd and may result in additional delivery fees.

Die Slaghuis van Cas Wepener speel byna uitsluitlik in ’n enkele huis in ’n fiktiewe plattelandse dorpie in die Noordkaap af, met verhaalgebeure wat oor vier dekades strek. Hier woon Marietta en haar man, Karel, in 1997. Karel is ’n afgetrede oudbrigadier in die Suid-Afrikaanse polisiediens, verantwoordelik vir die dood van duisende sg. “terroriste” in die Vlakplaas-debakel.

Hy weier egter om aansoek te doen vir amnestie en kruip letterlik op die dorp weg. Dit is hier waar verteller Marietta betekenis soek en terselfdertyd sin probeer maak van die skuldlas van haar man en haar eie geheimsinnige verlede. Op die dorp is daar ’n legendariese slaghuis waar Marietta byna elke dag vleisaankope maak en waar die jong meisie Kylie se pa as slagter werk.

Kylie se verhaal word hoofsaaklik in 2017 vertel waar sy dieselfde huis huur waar Marietta en Karel in 1997 gewoon het en besig is, aan die een kant met die verwerking van haar pa se sondes en, aan die ander kant met die opvoeding van haar vet seun. Haar pa was nie net die slagter op die dorp nie, maar verantwoordelik vir die afmaaiing van ’n hele paar mense in die apartheidsera ¬– gebeure van 1977 wat mettertyd in die vorm van terugflitse vorm aanneem en aan dieselfde huis verbind word.

Die roman Die Slaghuis is van vleisbeelde aanmekaargesit. Verwysings na alles van braaivleis tot tong, viennas, potjiekos, afval en “peertjies” (lamstestikels) snoer die roman saam tot geheel en funksioneer as element waardeur spanning geleidelik opgebou word. Die roman draai beslis nie doekies om oor skuld en skuldelas van die apartheidsverlede nie en skakel dit telkens met ’n beheptheid na vleis.

Features
Model
9781485310655
Product/Packaging Information
Product Weight
0.5 kg
Product Dimensions
213mm(L) x 137mm(W) x 15mm(H)
Shipping Weight
0.5 kg
Shipping Dimensions
213mm(L) x 137mm(W) x 15mm(H)