As mens geluk kon proe | Romance & Sagas | Romance & Sagas | Romance | General Fiction | Books | Makro Online Site
text.skipToContent text.skipToNavigation
Login or Register
Get the tailored Makro experience. Login for faster checkout, online order tracking and more.
As mens geluk kon proe Product ID : 9780799389470

R 19000

UCount rewards  1900
Available online only
In stock
5 - 7 working days

Online Exclusive

This product is exclusive to online shopping and may only be purchased online as it is not stocked in-store.

3RD PARTY ITEM

This is supplied by BalaKuduPtyLtd and may result in additional delivery fees.

Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. 'n Nuwe dorp en 'n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. 'n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees. Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar 'n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak. Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak. En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crepes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na 'n meisie soos sy kyk nie. Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy 'n ou goudgeel kombi, 'n winkelpop genaamd Saartjie en 'n klomp fantastiese resepte begin hulle 'n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees. Maar toe Arnelia uit die bloute 'n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oe te kyk ... 'n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.

Features
Model
9780799389470
Product/Packaging Information
Product Weight
0.5 kg
Product Dimensions
212mm(L) x 137mm(W) x 15mm(H)
Shipping Weight
0.5 kg
Shipping Dimensions
212mm(L) x 137mm(W) x 15mm(H)