text.skipToContenttext.skipToNavigation
Welcome to Makro
Get the tailored Makro experience. Login for faster checkout, online order tracking and more.
Your Location:
Joburg North
Change

In Mamelodi het ek my God gevind : My lewe in die township en hoe dit my geloof verander het (Paperback / softback)

Product ID : 9780796321152
of
In Mamelodi het ek my God gevind : My lewe in die township en hoe dit my geloof verander het (Paperback / softback)

R 22100

UCount rewards  2210
7 - 10 Working Days

R50 Delivery fee for orders under R500

Online Only

This product is exclusive to online shopping and may only be purchased and returned online as it is not stocked in-store.

3RD PARTY ITEM

This is supplied by BalaKuduPtyLtd and may result in additional delivery fees.

In hierdie boek vertel ek die verhaal van hoe dit genadiglik aan my en my vrou gegun is om as twee wit Afrikaners tot die ontvangkant van apartheid toe te tree. Hoe weinig het ons van die ontvangkant geweet! Vir ons was die wereld agter die apartheidsmuur, soos vir bykans alle Afrikaners, 'n ander wereld waar vreemde volke met wie ons geen bande gehad het nie, geleef het. Dit was 'n wereld wat vir hulle geskep is deur 'n "Christelike" regering, en daarom sou dit uit die aard van die saak die "beste wereld" wees wat deur die wit Christelike regering aan hulle toegewys is. Ons as wit Suid-Afrikaners het nie nodig gehad om ons enigsins oor die lot van ons gekleurde landgenote te bekommer nie. Ons het geglo ons wit regering weet wat die beste is vir hulle, en uiteindelik sou hulle ook die vrugte pluk van 'n beleid wat vir hulle miskien eers tydelike ongerief veroorsaak het. Vir die geleentheid wat my gegun is om diep betrokke te raak by die lotgevalle van swartes gedurende die laaste fase van die "onmenslike beleid", soos oudpres. FW de Klerk dit later self voor 'n uitgelese universiteitsgehoor in Brittanje genoem het, is ek diep dankbaar. Weinig van my wit landgenote het die voorreg gehad. Die pad was nie met rose besaai nie. Dit was 'n eensame pad in die sin dat daar nie ander wit Suid-Afrikaners was wat dit saam met my geloop het nie. Ek moes maar so voel-voel my weg vind op die vir my totaal onbekende wee in die swart township. Terugskouend het die lewe agter die apartheidsmuur van Suid-Afrika my lewe oneindig verryk en my naby aan die hartklop van Afrika gebring. Niks kan meer verrykend vir enige mens se lewe wees as om toe te tree tot die denke en lewenswyse van mense wat so anders is as jou eie nie. Dat die mense van Afrika my toegelaat het in hulle wereld, sal my altyd met dankbaarheid teenoor hulle vervul.

Features
Model
9780796321152
Product/Packaging Information
Product Weight
0.5 kg
Product Dimensions
198mm(L) x 130mm(W) x 15mm(H)
Shipping Weight
0.5 kg
Shipping Dimensions
198mm(L) x 130mm(W) x 15mm(H)