text.skipToContenttext.skipToNavigation
Welcome to Makro
Get the tailored Makro experience. Login for faster checkout, online order tracking and more.
Your Location:
Joburg North
Change

Die Saw en Cuito Cuanavale : 'n Taktiese en Strategiese Analise (Paperback / softback)

Product ID : 9781928248057
of
Die Saw en Cuito Cuanavale : 'n Taktiese en Strategiese Analise (Paperback / softback)

R 21600

UCount rewards  2160
7 - 10 Working Days

R50 Delivery fee for orders under R500

Online Only

This product is exclusive to online shopping and may only be purchased and returned online as it is not stocked in-store.

3RD PARTY ITEM

This is supplied by BalaKuduPtyLtd and may result in additional delivery fees.

“Dit gebeur dikwels dat ’n skietoorlog deur ’n tweede oorlog gevolg word. Die oorlog word nie met ammunisie of kartetse gevoer of met tenks en bomwerpers nie, maar met woorde. Die oorlog word as ’t ware op papier oorgeveg.” In 1987/’88 het die stowwerige klein Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog geword.

Vandag is dit die fokuspunt van ’n openbare debat oor wie dan eintlik die Grensoorlog gewen het. Die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en die Namibiese bevrydingsbeweging Swapo voer aan dat die Suid- Afrikaanse Weermag (SAW) Cuito Cuanavale as afspringplek wou gebruik om die hoofstad Luanda in te neem, maar dat hulle die SAW gedwing het om uit Angola te onttrek.

Dit het uiteindelik gehelp om ’n einde aan apartheid te bring, beweer hulle. Die SAW-leierskap handhaaf egter dat Cuito Cuanavale nooit vir hulle ’n ernstige doelwit was nie en dat hulle geen planne gehad het om die Angolese regering omver te werp nie. Tientalle SAW-dokumente oor hierdie tydperk is onlangs gedeklassifiseer.

Leopold Scholtz het dit bestudeer om vas te stel wat die ware doelwitte van die SAW in hierdie finale, beslissende gevegte van die Grensoorlog was. Hy bespreek ook sleutelgevegte en ondersoek waarom een kant of die ander gewen of verloor het. Die boek getuig van wat gebeur wanneer oorlog, politiek en propaganda met mekaar vervleg raak.

Features
Model
9781928248057
Product/Packaging Information
Product Weight
0.5 kg
Product Dimensions
233mm(L) x 152mm(W) x 15mm(H)
Shipping Weight
0.5 kg
Shipping Dimensions
233mm(L) x 152mm(W) x 15mm(H)